Sitemap • Werfkaart • Home/TuisUp/OpMeer oor JannieCD'sLiedereFoto'sGebeureNavraeKontak •

Updated: February 6, 2023 ** Opgedateer: 6 Februarie 2023

  

 
English

 

 

Meer oor Jannie Theron

Ontmoet Jannie Theron, 'n welbekende Christen gospelsanger, wat in Suid-Afrika woon en werk. Met pragtige gewyde liedere, goue oues en gewilde liedjies dra hy die Bybelse boodskap uit na baie gehore.

Jannie sing bekende liedjies soos: Houtkruis, My Pa is die Koning, "Why me Lord?", "Because He lives", "Achy breaky heart", "One day at a time", "It is no secret" en baie ander.

Jannie Theron is 'n wedergebore Christen en het die Here lief. Sy doelwit is om 'n verskil in mense se lewens te maak en om aan God al die eer te gee, omdat Hy sy Seun vir ons gegee het.

Jannie was vir jare 'n voorsanger in die kerk en is gewild by gehore. Hy het in die kerk groot geword, danksy sy ouers en het op 'n vroeλ stadium besef dat daar geen groter liefde as God s'n is nie en dat daar niemand is wat soveel omgee soos God vir sy kinders omgee nie.

Jannie tree gereeld op en sang is sy voorliefde, wat goed waargeneem kan word as hy sing.

Daar is tans die volgende CD's van Jannie Theron beskikbaar:

Pryse: CD's @ R120 elk en kassette @ R60 elk posgeld ingesluit (slegs in die Suid-Afrikaanse gebied).

Jannie is beskikbaar vir uitnodigings vir optredes na-ure (weeksdae) en ook oor die naweek. Besoek Gebeure om uit te vind hoe om Jannie na een van u spesiale geleenthede uit te nooi. Skakel of stuur 'n navraag as daar enige vrae oor die CD's is.

Meer oor Gospelsanger Jannie Theron

 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Meer oor Jannie
CD's
Liedere
Foto's
Gebeure
Navrae
Kontak

Sitemap • Werfkaart • Home/TuisUp/OpMeer oor JannieCD'sLiedereFoto'sGebeureNavraeKontak •

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

arkpark.net

ARK Web Design © 2010 - 2023
ARK Webontwerp © 2010 - 2023


swallowsoftware.arkpark.net

Meer inligting oor BybelhulpmiddelsBekering

'n Christen ...

Bybelteks

Bible Text